Willem III van Nederland

Willem III
Koning van die Nederlande
Heerskappy17 Maart 1849 – 23 November 1890
Inhuldiging12 Mei 1849
VoorgangerWillem II
OpvolgerWilhelmina
Groothertog van Luxemburg
Heerskappy17 Maart 1849 – 23 November 1890
VoorgangerWillem II
OpvolgerAdolphe
Hertog van Limburg
Heerskappy17 Maart 1849 – 23 Augustus 1866
VoorgangerWillem II
Gebore(1817-02-19)19 Februarie 1817
Brussel, Verenigde Koninkryk van die Nederlande
Oorlede23 November 1890 (op 73)
Het Loo Palleis, Apeldoorn, Nederland
Begrafnis4 Desember 1890
Nieuwe Kerk, Delft, Nederland
Eggenoot
Issue
{{{naam}}}
HuisOranje-Nassau
VaderWillem II van Nederland
MoederAnna Pavlovna van Rusland
ReligieHollands Gereformeerde Kerk

Willem III (Nederlands: Willem Alexander Paul Frederik Lodewijk; Engels: William Alexander Paul Frederick Louis; 19 Februarie 1817 - 23 November 1890) was van 1849 tot sy dood in 1890 koning van Nederland en groothertog van Luxemburg. Hy was ook die hertog van Limburg vanaf 1849 tot die afskaffing van die hertogdom in 1866.

Willem was die seun van koning Willem II en Anna Pavlovna van Rusland. Met die abdikasie van sy oupa Willem I in 1840 word hy die prins van Oranje. Na die dood van sy vader in 1849, volg hy hom op as koning van Nederland.

Willem is in 1839 met sy niggie Sophie van Württemberg getroud en hulle het drie seuns gehad, Willem, Maurice en Alexander, wat almal voor hom oorlede is. Ná Sophie se dood in 1877 trou hy in 1879 met Emma van Waldeck en Pyrmont en hulle het een dogter, Wilhelmina gehad, wat Willem opgevolg het op die Nederlandse troon. Terwyl hy die laaste agnatiese dinastiese afstammeling was van Otto I, graaf van Nassau, het die troon van die Groothertogdom Luxemburg oorgegaan aan sy patrilineale sewentiende neef wat eens verwyder is (en die matrilieniese derde neef), Adolphe. Tot op hede is hy die laaste Nederlandse koning wat op die troon gesterf het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne